Kinderfees baat haweloses en armes
Dankie aan elkeen wat onlangs ons winterhoop-veldtog ondersteun het
MOULD Empower Serve (MES) Kemptonpark wil Curro Kasteel Serengeti bedank vir hul ondersteuning en veral vir die 24 ouers wat reeds hul kinders vir die baba- en kleuterkompetisie ingeskryf het.
Dié kompetisie vorm deel van die jaarlikse kinderfees wat op 26 Augustus by Dries Niemandt Park plaasvind.
Volgens Duane Edwards, takbestuurder, is die fees hul grootste fondsinsamelingsprojek vir die jaar.
“Dankie aan elkeen wat onlangs ons winterhoop-veldtog ondersteun het. Ons wil die gemeenskap aanmoedig om voortdurend by ons projekte betrokke te raak. Dit is hoofsaaklik daarop gemik om hoop aan die armes en haweloses in die hartjie van die middestad te bring,” het Edwards gesê.
“Een van die maniere om betrokke te raak in ons organisasie is deur ‘n debietorder van R100 per maand te teken.
Hierdie bedrag kan ons byvoorbeeld help om een kind vir een maand in ons naskoolprogram te befonds of dit help ons om een kliënt van 20 etes te voorsien.”
Inskrywings vir die baba- en kleuterkompetisie kos R45. Ouers kan Mike McLaughlin van Photomac Photography by 071 686 2168 kontak of Luwanda Conco by luwanda@mes.org.za.
Vir enige verdere inligting, skakel die kantoor by 011 024 4580.




