Local newsNews

AfriForumlede Kempton Park-tak ontvang opleiding

Die komitee sal in samewerking met ander rolspelers optree

AFRIFORUM se Kempton Park-tak het op 17 Junie insidentbeheeropleiding ontvang en ’n insidentkomitee gestig.

“Die opleiding het ten doel om die gemeenskap te leer hoe om tydens onder meer gewelddadige betogings en natuurrampe op te tree,” het Jan Vermaak, buurtwagvoorsitter van die plaaslike tak, gesê.

“Ons gemeenskap is byvoorbeeld op 22 Junie deur ’n insident geraak waar betogers onwettig die Birch Acres-woongebied afgesper en inwoners se vryheid op beweging belemmer het. Hierdie is die soort insidente wat ons as ’n gemeenskap in staat sal moet wees om te bestuur en gereed voor te wees,” het hy gesê.

“Daar is ’n toename in voorvalle wat ’n negatiewe uitwerking op gemeenskappe het en die regering is nie in staat om behoorlike beskerming te bied nie. Gemeenskappe sal self verantwoordelikheid moet neem om insidente en rampe te bestuur of te voorkom,” sê Wico Swanepoel, AfriForum se provinsiale koördineerder vir Gauteng-Suid.

Die komitee sal in samewerking met ander rolspelers optree. AfriForum nooi gemeenskapslede uit om daarby betrokke te raak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button