Birchleigh VLU leer oor afgeleë eiland
Daar is 'n rykdom van vis en 'n fabriek waar die kreef verwerk word
DR Mia Wege, ‘n marinebioloog, het lede van Birchleigh VLU meer oor Tristan da Cunha, ‘n afgeleë vulkaniese eiland in die Suid-Atlantiese Oseaan, tydens hul jongste vergadering vertel.
Sy was deel van die National Geographic-navorsingspan wat Tristan da Cunha besoek het.
Volgens haar is dit die mees afgeleë bewoonde eiland met 300 inwoners in die dorp en ‘n gesonde ekosisteem. Daar is ‘n rykdom van vis en ‘n fabriek waar kreef verwerk word.
Kinders gaan skool tot die ouderdom van 16 waarna hulle op die eiland begin werk of hulle kan in ‘n ander land hul matriekjaar voltooi.
Daar is ‘n supermark en twee kerke – een katoliek en die ander protestante. Die skape op die eiland word geskeer – ‘n groot hoogtepunt – waarna die wol gespin word en die vroue brei dan artikels wat in die winkel verkoop kan word. Die “Tristan-socks” is baie gewild.
Die geldeenheid is die Britse Pond.
Vermaak op die eiland is aande waar daar gedans en saam gekuier word. Daar is ook ‘n hospitaal met ‘n dokter en twee verpleegsters.
