NewsSchools

Impie-kar is die vinnigste in die wêreld

Laerskool Impala was een van 29 skole wat aan die Jaguar Primary School Challenge by Sci-bono in Johannesburg deelgeneem het.

SONDER vrees, met deursettingsvermoë en spanwerk het Laerskool Impala se Team Fearless die beste wêreldtyd die afgelope drie jaar in die internasionale Jaguar Primary School Challenge opgestel.

Die kompetisie, wat deur die natuurwetenskap- en tegnologie-afdeling van die Onderwysdepartement van Gauteng aangebied word, gee spanne die kans om hul eie karretjie te ontwerp.

Laerskool Impala was een van 29 skole wat hieraan by Sci-bono in Johannesburg deelgeneem het.

Die ontwerp van die karretjie, kuipe, voorlegging, aanbieding en tegniese data is deur Armandt du Preez nagevors en opgestel.

Tydens die tydtoets het die Impies een van hul karretjies aan ‘n teenstanderskool gegee om deel te neem en moes toe tevrede wees met die tweede plek teen hul eie kar.

Team Fearless is as algehele wenners van die distrik en Gauteng aangewys in die afdelings vir beste ingenieurskar, beste aanbieding, beste kuipevoorstelling en die beste tyd oor albei dae van die kompetisie.

Hul beste tyd van 0,836 sekondes is tans die beste van die afgelope drie jaar, met hul naaste teenstanders Duitsland/Amerika (0,977) in 2015 en Australië (0,916) in 2016.

Team Fearless het uit Ashleigh Doster (spanbestuurder), Sonja Posthumus (grafiese ontwerper), Claire van Vuuren (vervaardigersingenieur), Tjaart Mentz, Divan de Vries (ontwerpersingenieur) en Du Preez wat die hele projek bestuur het, bestaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button