NewsSchools

Kempies aangewys as top akademiese skool in distrik

Agt van Kempies se vakke is ook aangewys as die beste in die distrik.

Die vreugdevure by Kempies brand hoog nadat hulle Vrydag by ’n distriksfunksie as die top akademiese skool in die Ekurhuleni-Noorddistrik aangewys is.

In die tweede plek was Benoni High School en derde Edenvale High School.

Die kriteria om as die beste skool aangewys te word, het oor ’n wye spektrum gestrek, insluitend matriekvrystelling, aantal onderskeidings, slaagsyfer en aantal leerders wat wiskunde en fisiese wetenskap geneem en geslaag het.

Onder die top vyf leerders in die distrik was daar ook twee Kempies. Zander Terblanché was in die derde plek en Jessica Jacobs in die vyfde plek.

Agt van Kempies se vakke is ook aangewys as die beste in die distrik, naamlik Afrikaans huistaal, Engels FAL, rekenaartoepassingstegnologie, inligtingstegnologie, gasvryheidstudies, ontwerpkuns, siviele dienste en ingenieurs grafika en -ontwerp.

Vyf Kempies het ook die beste vakprestasie in die distrik behaal. Hulle is Carla Laning (Afrikaans), Charné Killian (besigheidstudies), Jessica Jacobs (rekenaartoepassingstegnologie), Franja van Vuuren (gasvryheidstudies) en Claudia van Niekerk (ingenieurs grafika en -ontwerp).

Agt vakke is by die distriksprysuitdeling aangewys as die beste in die distrik. Voor: Joyce-Marie Müller (Afrikaans), Yolandi Pretorius (gasvryheidstudies), Chris Venter (ingenieurs grafika en -ontwerp), Ronelle Oosthuizen (rekenaartoepassingstegnologie), Wilna du Plessis (rekenaartoepassingstegnologie en inligtingstegnologie), Heidi Harmse (Engels), Hettie Smit (Afrikaans) en Isabella Jansen van Niewenhuizen (Afrikaans). Agter: Roelf Burger (hoof), Liz de la Hunt (Engels, adjunkhoof), Amanda Kruger (ingenieurs grafika en -ontwerp), Bettie Vivier (Engels), Rae Brodie (Engels), Alma Bodenstein (Afrikaans), Tarien Engelbrecht (ontwerpkuns) en AJ Pienaar (siviele dienste). Afwesig: Debbie Doman (Engels).

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button