Wen drie boeke van Irma Joubert vir net R20
Lootjies is beskikbaar by leeskringlede, die Birchleigh-biblioteek en Birchleigh-Noord-biblioteek.
Die Leeskring van Kempton Park begin op 13 Junie met ’n geldinsamelingsprojek vir Die Vriende van die Kempton Park Biblioteke.
Hierdie fondse word gebruik om nuwe boeke vir Kempton Park se biblioteke aan te koop en is ’n baie belangrike inisiatief, veral in ag genome die ewig kwynende staatsbydrae.
Drie boeke van Irma Joubert, die Tussen Stasie-trilogie wat bestaan uit Ver Wink die Suiderkruis, Tussen Stasies en Tolbos word uitgeloot teen slegs R20 per lootjie. Die wenner ontvang al drie die boeke.
Die kompetisie sluit op 31 Augustus en ’n trekking van die wenlootjies deur die leeskringbestuur sal op daardie dag plaasvind. Die wenner sal telefonies in kennis gestel word en die besluit van die beoordelaars is finaal. Die boeke is deur Lapa Uitgewers geskenk.
Lootjies is beskikbaar by leeskringlede, die Birchleigh Biblioteek en Birchleigh-Noord Biblioteek.
Vir meer besonderhede, skakel Susan Wilsenach by 011 972 4824 of 072 327 9063.
