Local newsNews

Harte van goud sorg vir 75 truie

Dié groep sien na sowat 175 minderbevoorregte kinders om.

Te danke aan ’n vroue-breigroep sal sowat 75 kindertjies ’n warmer winter hê.

Die ywerige breiers, wat deel is van Solidariteit Helpende Hand in Kempton Park, het vanjaar 75 truie gebrei. Dít sal die vroue aan die kinders van die Kempton Park-tak skenk.

“Ons kinders gaan die pragtigste truie ooit dra en sal definitief warm wees,” het die voorsitter van die tak, Ella Pieterse, gesê.

“Die vroue se harte en hande is van goud. God straal deur hul oë en hande.”Hierdie groep, wat ook betrokke is by die NG Kerk Hoogland, werk met 175 minderbevoorregte jongmense van so jonk as drie maande tot en met 18 jaar oud. Hul leuse is om mense op te hef en sodoende armoede te verlig en voorkom.

“Ek spreek graag my dank, dankbaarheid en seën uit oor die vroue,” het Pieterse bygevoeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button