Local newsNews

Bikers vind tuiste op biker-pastoor se kerkbanke

Die gemeente is 21 keer groter as toe hulle in 2017 begin het.

Sowat 84 bikers drom saam, elkeen uitgevat in leerbaadjies met hul klubembleem op.

Hulle staan en gesels langs ’n ry ysterperde, die een blinker as die ander. Hulle gaan seker op ’n Sondag-rit, of om die liefdadigheid te doen waarvoor motorfietsryers so bekend is? Nee, dié spoedentoesiaste is op pad na die kerkbanke.

Dit op ’n Donderdagaand om 7nm by die Lofdal-gemeente in Glen Marais. Hier is pastoor Tienie Wessels self ’n ywerige ryer.

“Ek het nog altyd ’n liefde vir motorfietse gehad, toe kry ek laasjaar een as geskenk,” vertel hy. “Toe besef ek bikers kan nie altyd Sondae kerk toe gaan nie, want hulle wil gaan ry.”

So is die konsep van Lofdal se eie bikers-kerk gebore. Aanvanlik was hulle net vier, nou kom sowat 84 mense van soveel as nege klubs van regoor die Oos-Rand vir lofsang en skriflesing saam. Daarna kuier hulle saam voor hulle die teerpad huis toe aandurf.

Wessels sê enige motorfietsentoesias is hier welkom.

Hier is nog foto’s

“As jy ’n biker is, het ons ’n hart en ’n plek vir jou. Ongeag wie jy is of wat jou status is, you are welcome. Dit is iets wat ek by die bikers geleer het.”

Skielik raak die gesing en gesels in die kerk stil. Die bikers buig hul koppe, en die bikers bid.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button