Local newsNews

Help Wintershoop-projek met donasies in laaste week van Junie

Daar is slegs een week oor en hulle benodig komberse, nie-bederfbare kos, warm klere en mansskoene.

Junie is so te sê verby, en Kempton Parkers het hul harte die maand vir die Winterhoopveldtog oopgemaak.

Die projek, wat op 1 Junie landswyd afgeskop het, het sedertdien 2 749 komberse, 2 571 sakke klere, 870 kruideniersakkies kos en 791 musse ingesamel. Skuiling aan 508 mense is ook verskaf.

Tog, sê landwye veldtogkoördineerder Duane Edwards, is daar steeds ’n groot behoefte aan donasies, spesifiek komberse, nie-bederfbare kos, warm klere en mansskoene.

“Ons is baie dankbaar vir die skenkings wat ons tot dusver ontvang het,” het Edwards in ’n verklaring bygevoeg.

“Ek wil mede Suid-Afrikaners aanmoedig om ons met die laaste week van die veldtog te ondersteun, aangesien dit ons sal help om hoop ’n realiteit vir minderbevoorregte mense te maak.”

Die landswye projek sorg al vir 18 jaar dat minderbevoorregte gesinne gedurende winter kan warm bly. Dit word deur MES, PEN, Isinkwa Setheku en Torings van Hoop, in samewerking met verskeie kerke en welsynsorganisasies, aangebied.

Kontantdonasies is ook welkom en 18A belastingvoordeelsertifikate kan uitgereik word soos benodig.

Die Winterhoopbankrekening se besonderhede is as volg:

Winterhoop ABSA, 632005

Spaarrekening

906 892 5251

Vir meer inligting oor die spesifieke behoeftes van die veldtog en die verskeie aflaaipunte, besoek winterhoop.org, gaan na die Facebookblad Winterhoop of kontak Aloma Swanepoel by 011 725 0001/winterhoop@mes.org.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button