Die Kemptonparkse Leeskring, in samewerking met Die Vriende van die Kempton Park Biblioteke, het ’n opstelkompetisie vir hoërskoolleerders gereël.
Die voorsitter, Ellen Harmse en die sekretaresse, Susan Wilsenach, het die boekpryse by die skole aan die wenners oorhandig.
Die boekpryse is pragtige jeugboeke wat deur Lapa Uitgewers geskenk is.
Die wenner van die junior afdeling was Shamoné Jacobs, ’n Graad Agt leerder van Hoërskool Kempton Park.
Die wenner van die senior afdeling was Stefan van Schalkwyk, ’n Graad 12 leerder van Hoërskool Jeugland.
Die naaswenner van die senior afdeling was Janine Lombaard, ’n Graad 11 leerder van Diamantveld Hoërskool.
Die beoordelaars was aangenaam verras met die gehalte van die opstelle en hoop om volgende jaar weer so te maak.

