Local newsNews

Sakkies van Hoop vir tienermeisies

Hierdie projek hoop om minderbevoorregte tienermeisies regoor die Oos-Rand te help.

Die Passie vir Prinsessies-projek, wat deur Solidariteit Helpende Hand Kempton Park van stapel gestuur is, het reeds vanjaar gesorg dat hoop onder minderbevooregte tienermeisies gesaai is.

Volgens Marcia Beco, ’n lid van die organisasie, is dit bereik deur een van die inisiatief se projekte, Sakkies van Hoop.

“Die gemeenskap het gehelp om sakkies met basiese toiletware vir die meisies te vul,” het Beco gesê.

“Dit is om hulle op te hef en hul selfbeeld op te bou.”

Hierdie pakkies is op 16 Junie aan meisies regoor die Oos-Rand by ’n buitelugfliek en piekniek uitgedeel.

“Die aand is geopen met gebed en aan die Here opgedra,” het Beco bygevoeg.

“Daarna het Ella Pieterse, voorsitter van die Kempton Park-tak, die meisies toegespreek.”

Dit was is ’n snoesige aand onder die sterre, met hope lekkernye en ’n goeie fliek. Met baie gebede en die Here se genade was die aand ’n reuse sukses.”

Die volgende fase van die projek is om maandeliks basiese tioletware aan die meisies te verskaf. Om te help met die projek kan lesers Lynnette Claase by 061 416 4881 bel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button