Egpaar van Allen Park is 50 jaar getroud
Hulle het twee kinders en vier kleinkinders.
’n Egpaar van Allen Park, Dries (74) en Lenie (68) Hefer, het op 20 Julie hul 50ste huweliksherdenking gevier.
Hulle is in Benoni getroud en het direk daarna na Kempton Park, Dries se geboortedorp, verhuis.
Hulle het twee kinders en vier kleinkinders.
Die paartjie se wenresep om so lank getroud te bly, is om lief te wees vir mekaar tot die bittereinde en om, om te gee vir mekaar en mekaar se laste te dra. Hulle sê jy moet altyd dankbaar wees vir dit wat jy het en maak humor elke dag deel van jou lewe.
“Dankie Here vir die voorreg wat ons as familie het om ons wonderlike ouers nog by ons te kan hê en vir die mooi voorbeeld wat hulle vir ons en hul kleinkinders stel,” het Lizelle Hefer namens die kinders gesê.
