Ma wie se man en kinders vermoor is, praat by vroue-oggend
Na haar eie trauma wil sy graag ander help.
Sendingwerker Hannelie Groenewald se man en twee kinders is in 2014 in Kaboel, Afghanistan, vermoor.
Sy het by die huis gekom na ’n dag se werk in ’n kliniek, toe sy sien hoe hul lyke in ambulanse gedra word.
Vier jaar later verwerk dié ma en vrou steeds haar pyn en deel graag haar storie met ander. Sy is ook die skrywer van Terreur in Kaboel, wat handel oor dié tragedie en haar merkwaardige getuienis.
Sy sal op 1 September om 9.30vm ’n gasspreker by die NG Kerk Bonaero Park se damesoggend wees. Sy sal gesels oor genesing en hoe ’n mens vreugde en vervulling kan vind na diep trauma.
Vroue wat die geleentheid by 32 Malpensastraat wil bywoon, kan Caren by 011 973 4916 skakel. Kaartjies kos R75 en sluit vingerhappies in.
