Local newsNews

Kruin se ligkruis bring hoop

Die NG Kempton Kruin gemeente sal op 6 Augustus hul 45ste bestaansjaar herdenk.

Die NG Kempton Kruin gemeente sal op 6 Augustus hul 45ste bestaansjaar herdenk.

As gevolg van die uitdagings, onsekerheid en moeilike omstandighede van sommige Kempton Park-gemeenskaplede, het die Kruin gemeente ‘n projek geloots om hoop op ‘n praktiese en fisiese manier uit te beeld.

LEES OOK:

Breigroep verdryf die koue by aftree-oord

Die gemeente deel die volgende boodskap: “Met die nuwe ligkruis op die kerktoring beeld ons uit dat ons as liggaam van Christus ‘n baken van hoop in ons gemeenskap is. Ons lewe ons roeping prakties uit deur betrokke te wees by die verligting van nood met die uitdeel van kospakkies, ‘n klerebank waar mense kan kry wat hulle nodig het, gebed en die nodige ondersteuning vir siekes en mense in nood.

“Ons nooi mense van Kempton Park wat soms voel of hulle sukkel met die lewe en verhoudings om te kom nes julle is en te ervaar dat Kruin jou sal help.”

Also follow us on:

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button