Local newsNews

Oudste Casa Caritas inwoner sterf

'n Kerkdiens was Vrydag gehou.

Die oudste, asook een van die langste, inwoners van Casa Caritas, Hendri Jordaan (44), het op 18 Julie weens natuurlike oorsake gesterf.

“Hy het die verwagtinge van dokters oortref. Hulle het destyds gesê hy sou net 16 jaar oud word,” het sy pa, Drikus, vertel.

‘n Kerkdiens was Vrydag gehou.

Drikus het vertel dat Casa Caritas tydens Hendri se laaste ure ‘n vergunning gemaak het.

“Ons was toegelaat om hom te sien. Ons het handskoene gedra en al die voorsorgmaatreëls gevolg. Ons het ‘n halfuur saam hom spandeer.”

Hendri het breinskade met geboorte opgedoen.

Drikus en Amanda Jordaan hou Hendri se begrafnisbrief was. Sy begrafnis was op Vrydag gehou nadat Hendri as een van die oudste inwoners by Casa Caritas op 18 Julie gesterf het.

“Medici was nie ver gevorderd teen daardie tyd nie en dit was moeilik om sy toestand te bepaal en diagnoseer.

“Wanneer hy geïrriteerd was het hy sy hand vasgebyt, so dat dit later ‘n eelt gevorm het. As mens net rustig met hom gesels het en sy hare vryf, het hy bedaar,” het Amanda, sy ma, vertel.

Drikus het verduidelik dat die spesialis hom wysgemaak het in terme van Hendri se wêreldbeskouing deur te sê hulle moet hulle oë toebind en hulself in sy omstandighede inleef.

LEES OOK:

Oud-restaurantman van Allen Grove sterf op 95

“Hy het ‘n goeie konsep van tyd gehad en byvoordbeeld presies geweet hoe laat ons op Sondae kom kuier,” het Drikus gesê.

“Hendri se gunsteling personeellid was Caroline. Sy het altyd gesê Hendri is haar kind. Hy het ook ‘n maat gehad, Tessa. Wanneer hy gelê het, het Tessa by hom gesit,” het Amanda vertel.

Sy familie het seker gemaak dat Hendri elke spesiale geleentheid saam hulle kon vier.

“Sy broer, Rudi, en sy vrou, Naomi, het in Casa Caritas verloof geraak en is later daar getroud.

Toe daar gevra is wat Hendri die gelukkigste gemaak het, het Drikus sonder ‘n oomblik se twyfel gesê dat hy mal was oor musiek.

“Hy kon op ‘n manier sing en het altyd liedjies soos What a day that will be en Sweep over my soul gesing,” het Drikus gesê.

Sy ma het getuig dat die personeel Hendri geken het as die kind wat sing en tot die oomblik wat hy sy oë toemaak vir slaapenstyd sou uitroep, “hallelujah”.

Adri Kruger van Casa Caritas het ter herdenking gesê: “Om ‘n inwoner by Casa aan die dood af te staan is nooit maklik nie. Ons is ‘n groot familie. Hendri was so deel van Casa. Sy plek gaan leeg wees en hy gaan verseker baie na verlang word.”

Also follow us on:

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button