#OnsLees: Stanley keelvol vir regulasies skep toe #Rebelskrywer
Stanley glo Suid-Afrikaners moet in mekaar se tale belê om die nasiebande te probeer versterk.
“Kyk, ek is maar ‘n rebel gebore. Ek rebelleer mos teen alles.”
So sê Van Riebeeck Park digter, Stanley Cierenberg.
“Ek rebelleer teen hierdie masker – my redenasie is dat skrywers en kunstenaars se monde stilgemaak word.
“Dit is die simbool agter dit, ons woorde word beperk. Maar die pen is magtiger as die tong.
“Mense moet weer begin lees,” vertel Stanley streng, maar tog grappenderwys.
Hy glo die grendeltydperk bied mense die geleentheid om weer stil te raak en hulle gunsteling boek te lees.
Hy voel dat sedertdien almal ‘n “gevangene” agter maskers is, die publiek soos robotte begin optree het.
Onlangs het Stanley se vertoning, #Kwaransert, daarop gefokus.
Dit was op Facebook “Live” vertoon.
LEES OOK:
Kempton sanggroep ontstaan uit grendeltydperk wanorde
“Ek’t ‘n gemiddelde gehoor van 150 met meeste Facebook plasings gehad en somtyds het meer mense ingeskakel. Hulle het gehou van kortverhale en mense wil nou weer sulke goed hoor.”
Wat vir hom opvallend was, nadat die Express voorheen artikels oor hom geplaas het, was hoe lesers na hom toe gekom het en vir hom gesê het hulle ken hom vandaar.

“Die mense vra my altyd hoekom my storie in Afrikaans vertel word. Dan belowe ek dat ek dit vir hulle op ‘n volgende geleentheid sal verduidelik wanneer hulle vashaak met die Afrikaans.”
Stanley glo Suid-Afrikaners moet in mekaar se tale belê om die nasiebande te probeer versterk.
“Kom ons dink een stap vooruit deur ons mede-Afrikane se tale tot ‘n mate te kan uitleef. Ek praat gereeld Zulu of Xhosa, soveel as wat my woordeskat dit toelaat.
“Jy kan sien mense het ‘n waardering daarvoor.:
#Rebelskrywer is Stanley se verpersoonliking in reaksie tot die magstryd van deurmekaar inperkingregulasies en onduidelike kommunikasie.
Tog handhaaf hy die temas deur sy werk sonder om streng polities te raak.
“My doel met hierdie werk is, as gevolg van my abstrakte styl, om my lesers te kry om die materiaal aan te pak met ‘n woordeboek en weer te gaan delf in die betekenis van die woorde wat ek gebruik, en om bloot weer woordeboeke te verken.
“Hy verken die ryke geskiedenis van Afrikaanse literatuur en bieg dat alhoewel hy baie lees, hy nie sommer ‘n boek deurlees nie. Buiten sy skryfwerk, is Stanley ook besig om sy eie Punk-klerereeks te maak.
“Dit is my identiteit en my karakter. Ek is mal om nuwe plein klere te koop en dit op te helder in karaktervolle uitrustings.”
Stanley hou daarvan om sy items te verinnerweer en met verskillende bykomstighede te versier soos groot hakspelde, sy Breinsuiker-logo en ‘n paar geskeurde plukke in sy denims in te werk.
Ten einde was Stanley op pad na die produksiestel van Rian van Heerden in sy insetsel van Liefde Sonder Grense op KykNET.
“Hy’t my gevra om te gesels oor bulimie en die storie betrokke daarmee wat uitgebeeld word in my tattoos.
“Tattoos was vir my in ‘n mate terapie vir my bulimie stryd en ons gaan daaroor gesels in die opkomende episodes van Liefde Sonder Grense.”
Also follow us on:




