Local newsNews

Herfsland kikker-op met pannekoek

Danksy ’n heerlike Vrydagoggend met die son wat skyn kon die bejaardes by Herfsland rustig terugsit met ’n koppie tee en pannekoek na die bitter Covid-stryd in die oord onder beheer gebring is.

Danksy ’n heerlike Vrydagoggend met die son wat skyn kon die bejaardes by Herfsland rustig terugsit met ’n koppie tee en pannekoek na die bitter Covid-stryd in die oord onder beheer gebring is.

Express kon saam met die inwoners van Herfsland in die tuin gesels oor hul grendeluitdagings aangesien toegang tot die perseel streng verbied is.

Hulle het vertel dat hul maar positief moes bly gedurende grendeltyd omdat hulle nie kontak met hul kindrs en kleinkinders sedert einde Maart gehad het nie.

Herfsland se oudste inwoner, Lottie Scheepers (98), was selfs een van diegene wat vir die coronavirus positief getoets het.

“Danksy die genade was ek asimptomaties en was nie een dag siek nie.” Lottie is nog besonders knap op haar ouderdom, en stap nog volstoom met haar loopraam.

LEES OOK:

Wees versigtig by Festival Mall verkeerslig

“Ek maak ’n punt daarvan om elke dag te stap in die binne terrein waar ons toegelaat word. Gedurende die tyd het my kinders en kleinkinders my al baie bederf met soveel pakkies dat ek later moes sê ‘dis genoeg’.”

Sy het vertel dat sy eintlik skuldig voel oor al die bederf. Sy het die geselskap van haar dogters elke oggend en saans geniet wanneer hulle oor die foon gesels het.

Ten spyte van die verwyderende effek wat die bejaardes van Allen Grove moes ervaar het haar mede Herfslander, Heila van Rensburg (80), gesê Lottie was ‘n groot steunpilaar vir hulle.

“Die personeel het ons probeer opbeur met bingo-sessies, flieks op ’n groot skerm op Vrydae en kerkdienste op die televisie. Die oord het ook ’n nuwe kombuishulp aangestel en sedertdien is daar ‘n verbetering met ons kos en daar is beskermende plastiekskerms geplaas in die eetsaal,” vertel Heila.

Hanna Kotze, ’n voormalige verpleegster, het duidelik gesê dat die hele oord baie waardering het vir die verpleeg diensbestuurder, Colleen Goosen.

“Sy en haar span het hulself vodde gewerk om van die bejaardes te skuif vir regulerende doeleindes met die pandemie. Colleen het nog heeltyd puik werk verrig en ons bedank haar.”

Waarna sy die meeste uitsien wanneer regulasies dit sal toelaat is om weer ’n braaivuurtjie saam haar kinders aan te steek. “Ons raak nou so lus vir ’n skaaptjoppie saam die hangende reuk van die kole,” het Hanna gemaan.

Gerrie Nel (77), en sy geliefde, Florrie Jordaan(79), het gesê dit was ’n vreeslike swaar tyd.

“Ons kry die gevoel dat wat ons president sê vir ander vryheid beteken, maar vir ons bejaardes is die reëls anders.”

Hy het vertel dat hy gereeld met sy skootrekenaar vir sy geliefde en oor die grendelstryd gedigte geskryf het.

Beleef Gerrie se digkuns in video aangeheg.

Also follow us on:

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button