Local newsNews

Kempies kapteine het uitgemis

Tydens ’n besoek aan Hoërskool Kempton Park het Express met sewe matriek sportsterre gesels oor kosbare tydsverlies op die sportgronde wees Covid-19 se 'huisarres'.

Tydens ’n besoek aan Hoërskool Kempton Park het Express met sewe matriek sportsterre gesels oor kosbare tydsverlies op die sportgronde wees Covid-19 se ‘huisarres’.

Daar was met netbal-, rugby-, hokkie-, krieket- en atletiekleerders gesels oor hul persoonlike ervarings met die streng regulasies wat die afgelope ses maande toegepas was.

Die meerderheid van die leerders het hul sportsoorte aangepak met genot en het breedvoerig vertel hoe hartseer dit was om nie op die sportgronde te kon oefen nie.

LEES OOK:

Kempies genomineer vir Ekurhuleni Women in Sports Awards

Damian Olivier (18), Kempies se rugbyheld, het vertel hoe sy pa hom al vir die afgelope 13 jaar in rugby afrig, wat vir hom oorsee in Australië ‘n ernstige sportloopbaan gebring het.

“Ek voel net daar sal ’n beter toekoms wees as hierso. Ek mik om op nasionale vlak daar te speel, maar sal eers deur die universiteitkanale beweeg,” sé Olivier.

Hy was al van jongs af rugby kaptein van sy spanne.

“Ek is baie hartseer oor tradisies wat verlore is weens Covid-19. Baie seuns was een wedstryd weg van ‘n kapteinskap wat hulle nou nie kon behaal nie.”

Chante Dixon (18) doen al van Graad Een af atletiek en landloop en het aan Express vertel dat sy bevoorreg is met ’n beurs aan die Universiteit van Texas in San Antonio (UTSA) in Amerika. “Voorlopig is daar net ’n mondelikse ooreenkoms rakende my beurs en ek sal eers in November kan teken met die nuutste regulasies en aanvaarding-prosesse in die lig van Covid-19.”

Mari-Lou Zaaijman (18) het vertel sy het netbal gedoen uit pure liefde en vir die verhoudings wat gebou word. “Dit was merkwaardig al die mense wat jou pad kruis sedert ek begin het in Graad Een.”

Haar medespanmaat, Danielle Francis (18), was saam met Zaaijman op die kortlys vir kaptein van die eerste netbalspan, wat toe nooit gefinaliseer is nie. Beide meisies beoog om in hul universiteitsloopbane by Tukkies vir die koshuis te speel en het gelukkig nie kosbare ervaring vir ’n langtermyn sportloopbaan verloor nie.

Francis was gevra hoe dié tyd haar taktiek beïnvloed, waartoe sy gegrap het dat: “Ek weet nie of ek nog kan doel nie en ek voel lomp en uitasem,” lag sy.

2020 se hokkiekaptein, Gian van Heerden (18), speel al vanaf vyf-jarige ouderdom op die veld. “Ek geniet die uitdaging van die sport, die spanbou en gees. Ons was bevoorreg om twee vriendskaplike wedstryde en een liga wedstryd te speel die jaar.”

Van Heerden vertel dat hy wel provinsiale span behaal het waarin hulle in Stellenbosch sou toer, en ook vir Jeppes Premier League Club sou speel saam die land se top hokkieseuns. Die wedstryde kon nie plaasvind nie.

Die meisies hokkie spankaptein, Shantené du Toit, sê sy het die opsie gehad om professionele hokkie na te jaag. “Ek wil baie graag ’n ingenieur word, so ek gaan nie langer aan met hokkie nie. Ek wil graag elektrostatika ingeneurswese voltooi en ek’s bevrees my studies sal nie baie tyd aan sport kan afstaan nie.”

Die voorlopige krieketkaptein, Zander Smith, het vertel dat hy dié jaar gemik het om vir die Easterns Academy-span te speel. “Mens speel dan krieket onder hulle naam en hul gee jou ‘n beurs vir universiteit, maar mens het ’n aantal hoeveelheid statistieke om op te werk voordat die beurs aan jou toegeken word.

“Ek gaan kyk of ek ander spanne kan bereik en kwalifiseer om my statistieke op te bou na wense en gaan moontlik my matriekjaar herhaal vir dieselfde rede.”

Toe Smith gevra was of hy weer sal mik vir kapteinskap, het hy gesê dat hy alreeds sy kans gebied is en vir ’n nuwe spanmaat kapteinskap sal gun in 2021.

Also follow us on:

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button