Graad 8 Radikale Redenaars se Nasionale wenners. Hulle is Kayla Gildenhuys, Mikayla dut Toit, Kaylee du Plessies, Larissa-Anne Vorster en Alma Bodenstein.
Ten spyte van die halsoorkop-jaar wat 2020 opgelewer het, het Hoërskool Kempton Park steeds hul talente op verskeie platforms uitgeleef.
Spanredenaarskompetisies is vanjaar op ’n unieke wyse aangebied. Leerders moes hul toesprake in videoformaat aanbied om hul argumente te staaf.
Daar was ook kompetisies wat deur ’n lewendige uitsending plaasgevind het en leerders moes hul argumente voor die kamera lewer, tesame met ’n paneel beoordelaars.
Kempies het aan die Interskole, Radikale Redenaar, Op die Tong Af en ATKV-DigiSpanpraat-kompetisies deelgeneem en uitmuntende resultate opgelewer.
Ses Kempie spanredenaars-groepe was as nasionale landswenners aangekondig vir die Radikale Redenaarkompetisie en twee spanne was as nasionale landswenners vir die Interskole Nasionale kompetisie aangekondig.
Gr 12 Redenaars se Nasionale wenners vir Radikale redenaars:
Catherine-May Trollip, Chante Dixon, Marolien van Staden, Francois de Kock (Hoof), Crizinda du Toit en Shantené du Toit.
Graad 9 Redenaars se Nasionale wenners vir Radikale redenaars en Interskole Nasionale Redenaars is Helen Peach, Elsje Cloete, Marolien van Staden, Monique van Niekerk en Megan Smith.
Gr 11 Redenaars Eksperimenteel se Nasionale wenners vir Radikale redenaars en Gr 11 Eksperimenteel:
Chanel Mulder, Aneska Meyer, Linda Ernst, Donvaé du Plessis en Angelique van den Berg.
Gr 11 Redenaars se Nasionale wenners vir Radikale Redenaars en Interskole Nasionale Redenaars:
Rikus Burger, Julius Derksen, Cassandra Mostert, Janu van Zyl en ChaunD du Plessis.
Gr 10 Redenaars se Nasionale wenners vir Radikale redenaars:
Sarel Erasmus, Mia Gildenhuys, Alda Mostert en Xanthus Matthee
Also follow us on:
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!