Kempton Park paartjie vier 60ste huweliksherdenking
"Moet nooit gaan kwaad slaap nie en wees altyd bereid om dinge uit te praat met mekaar."
Kempton Park egpaar Louis en Magriet Fourie het onlangs hulle 60ste huweliksherdenking gevier.
Hulle is al 51 jaar woonagtig in die Kempton Park area.
Hulle het in 1960 ontmoet toe hulle altwee vir die spoorweë gewerk het in Johannesburg.
Louis het vir Magriet een middag uitgevra vir middagete.
ALSO READ: Locals fight poverty through recycling
“Op pad na die eetplek toe, het ‘n persoon in ‘n gorilla-pak ons skrik gemaak en net daar skrik Margriet so groot, dat sy letterlik in my arms val. Agt maande later is ons getroud,” het Magriet vertel.
Hulle is ook alombekend in die gesondheidswêreld.
“Ek het 65 jaar ondervinding in noodhulp en opleiding in die St John’s ambulans organisasie.”
Altwee is betrokke by die St John’s ambulansdienste.
Hulle advies aan jong getroude paartjies: “Moet nooit gaan kwaad slaap nie en wees altyd bereid om dinge uit te praat met mekaar.”
Also follow us on:




