VLU vier 90ste bestaansjaar
Die VLU is in 1931 gestig as ’n organisasie wat help met die verbetering van landelike lewe vir vroue.
Die Suid-Afrikaanse Vroue Landbou-unie vier vandeesjaar hulle 90ste verjaarsdag met ’n liefdadigheidsprojek.
Die organisasie is in 1931 deur FW Hunt en verskeie verteenwoordigers van SA Landbou-unie gestig as ’n organisasie wat help met die verbetering van landelike lewe vir vroue.
Die VLU het besluit om die geleentheid te vier deur komberse te maak om aan verskeie liefdadigheidsorganisasies te oorhardig.
ALSO READ: Community safety day to be held
Die Kempton Park VLU, as deel van die Goudrifstreek, neem ook deel aan die projek.
Emmie van Zyl, voorsitter van Kempton Park VLU, het ’n demostrasie gelewer oor hoe om ’n tweekantige kombers deur middel van knoopwerk te maak.
Die komberse gaan aan Casa Caritas geskenk word.
Die Kempton Park VLU bied op September 16, by NG Kerk Kempton Kruin, om 09:00 ’n demostrasie aan oor hoe om die komberse te maak.
Also follow us on:




