Oud Kempie maak buiging vir Leeu welpies
Die Leeu Welpies speel eerskomende naweek teen die Westelike Provinsie op Emirates Airline Park.
Kabous Bezuidenhout, oud-leerder van Hoërskool Kempton Park, het op 27 Augustus sy debuut vir die o-20 Leeus teen die Sharks gemaak.
Die Leeu welpies het die wedstryd 27–15 gewen.
Kabous is oorspronlik van Laerskool Brentwoodpark af.
Hy het op daardie tyd al begin talent toon en was in die o-13 Craven week span vir die Valke gekies.
ALSO READ: September is National Oral Health Month
Dis hier waar Oupa Van der Merwe, afrigter by Hoërskool Kempton Park, hom raakgesien het en die skool genader het om hom ‘n beurs aan te bied.
“Hy het al van vroeg af sy leierseienskappe gewys. Hy het ook gewys hy het ‘n goeie werksetiek wat hom nog in rugby ver sal bring. Hy was elke keer trots om die rugby trui aan te trek vir Kempies,” het Van der Merwe gesê.
Van der Merwe het hom van o-14 to o-16 afgerig.
Kabous het ook Kempies met atletiek verteenwoordig en het verskeie keer sy skool by interhoër in gewigstoot verteenwoordig.
“Werk hard en moenie maklik opgee nie,” was Bezuidenhout se woorde aan opkomende rugbyspelers.
Die o-20 Leeus het op 4 September die Cheetahs in Bloemfontein met 46–19 geklop.
Also follow us on:




