Local newsNews

VLU bederf bejaardes by aftree oord

Ronel du Plessis, voorsitter van die Birchleigh-tak nooi nuwe lede om by die tak aan te sluit.

Die Suid-Afrikaanse Vroue Landbou-Unie president, Tharina Rossel, het besluit om ter herdenking van die VLU se 90ste verjaarsdag bejaardes deel te maak van die groot mylpaal.

Elke VLU tak in die Goudrifstreek het die verantwoordlikheid gekry om omgee-komberse te hekel.

Die komberse was dan aan ‘n organisasie geskenk.

ALSO READ: Hijackings on the rise in Kempton Park

Die Birchleigh-tak het besluit om die Norton Aftree-Oord, waar hulle hul maandelikse vergaderings hou, te bederf.

Die agt komberse, wat deur die tak se lede gehekel is, is op 25 Augustus aan Ellinor Miller, die oord bestuurder, oorhandig.

Aan elke kombers was daar ‘n kaartjie vas wat gesê het “met liefde geskenk deur die VLU Birchleigh.”

Ronel du Plessis, voorsitter van die Birchleigh-tak nooi nuwe lede om aan te sluit by die tak.

Hulle kan vir Ronel vir meer inligting op 083 264 3486 kontak.

Also follow us on:

    

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button