Local newsNews
Gemeenskapsgroep bederf ouer burgers
Die pakkies het verskeie kruideniersware en soetgoed bevat.
Die SOS groep van Norkem Park het op 4 September die goue oues in die gemeenskap met ’n geskenkpakkie verras.
Die groep is ’n onafhanklike projek gemik om hulp aan die gemeenskap te bied.
Hulle het in Julie tydens die betogings ’n boereworsdag vir die noodsaaklike werkers gehad om vir hulle dankie te sê.
ALSO READ: Thembisa serial rapist sentenced
Lizanda Joshua en Wanda Jonker, voorsitters van die SOS groep, het besluit om na die sukses van die boereworsdag die bejaardes te bederf.
Hulle het met hulp van donasies geskenkpakkies opgemaak en afgelewer.
Die pakkies het verskeie kruideniersware en soetgoed bevat.
Also follow us on:
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




