Local newsNews

Herfsland bederf inwoners

Die inwoners het gehelp om ‘n uitstelling saam te sit wat oudhede uit hulle huise uit bevat het.

Herfsland Tuiste vir Bejaardes in Kempton Park het hulle inwoners op 22 September bederf deur vir hulle ‘n Erfenisdagete te maak.

Die personeel was almal aangemoedig om tradisionele klere vir die vieringe aan te trek.

Die kombuispersoneel het die oggend die inwoners tydens ontbyt verras deur ‘n weergawe van Shosholoza vir hulle te sing.

ALSO READ: Breast cancer accounts for a quarter of yearly new cancers in SA women

Vir middagete het die inwoners ontbeende ribbetjie en wors saam met slaai gekry terwyl ‘n tradisonele volkspele groep ‘n opvoering gedoen het.

Die inwoners het gehelp om ‘n uitstalling saam te sit wat oudhede uit hulle huise bevat het.

Daar was onder andere ou foto’s sowel as oudhede wat in en om die huis gebruik was.

 

Also follow us on:

    

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button