Leandie weer te sien op die silwerdoek
Leandie speel die rol van Jackie in Klein Karoo 2.
Kempton Park se Leandie du Randt, ’n voormalige leerder aan Laerskool Van Riebeeckpark en Hoërskool Jeugland, maak weer haar veskyning op die silwerdoek in die film Klein Karoo 2.
ALSO PARK: Laerskool Elspark drive-through report collection a hit with staff, parents and learners
Leandie speel die rol van Jackie in die film wat vanaf 15 Desember op DStv Box Office beskikbaar sal wees.
Sy is ook bekend vir haar deelname aan Strictly Come Dancing se sewende seisoen en is aanbieder van KykNet realiteitsprogram Slank.
Leandie speel ook die rol van Ivanka Gouws in KykNet se Binnelanders.
Klein Karoo 2 vertel die storie van 38-jarige dokumentêre regisseur Frans wat gedwing word om ’n tree terug te neem en sy lewe te herevalueer nadat hy vir die tweede keer voor die kansel gelaat is.
Tydens ’n pitstop, ontmoet hy vir Chloë, gespeel deur Marciel Hopkins, ’n beeldskone boer wat besig is om ’n heining reg te maak.
Sy vertel dat al die boere in die Karoo-omgewing sukkel omdat hul vee gesteel word. Dit is ’n groot kommer omdat hul lewensbestaan in gevaar is.
Frans spring in om te help en ’n lig op die probleem te skyn deur ’n dokumentêr te maak oor die voorvalle wat die boere in die gesig staar.
Bongi, gespeel deur Sisanda Henna, en Jackie, saam met Tarryn (Nicole Fortuin), moet almal help om die dokumentêr te laat realiseer.
Frans en Chloë bring baie tyd saam deur as gevolg van die verfilming, maar hy spandeer ook meer tyd saam met Jackie wat hom heeltemal kranksinnig maak met haar feministiese maniere en sorgelose optrede.
Jackie is avontuurlustig, waaghalsig en sy druk Frans gereeld buite sy gemaksone.
Frans is bang en versigtig, maar dit is duidelik dat daar aantrekkingskrag tussen hom en Chloë is.
Terselfdertyd spandeer Frans meer tyd saam met Jackie en ontdek ’n kant van haar wat hy nie ken nie. Hy identifiseer met haar kuns en kan nie ontken dat sy, sy hart ’n bietjie vinniger laat klop.
Die regte soort liefde kom tog net een keer in ’n leeftyd.
Sal Frans probeer om nog ’n vrou te red of sy hart volg na waar hy verlang word?
Meer oor Leandie
Leandie was mede-aanbieder op die musiekprogram, Kom ons Jol op KykNet asook hoofaanbieder op nog ‘n realiteitsprogram, Love Island SA, op MNet.
Sy is ook bekend vir haar rol as Mieke in Getroud met Rugby en Lea in dramas Vlug na Egipte en Terug na Egipte.
Sy het al in verskeie Suid-Afrikaanse produksies gespeel, insluitend Meisies wat Fluit, Last Days of American
Crime, Semi-Soet, Klein Karoo, Die Windpomp, Mooirivier, Strikdas, Hollywood in my Huis, Vuil Wasgoed, Thys & Trix en Jagveld.
In 2015 het sy die Huisgenoot Tempo-toekenning vir Beste Aktrise in ’n drama gewen vir haar rol as Lea in Vlug na Egipte.
Sy het ook toekennings ontvang vir haar rol as Ivanka in Binnelanders.
Also follow us on:




