Mia se enkelsnit inspireer oud en jonk
Oor die jare, het di spontane kunstenaar met haar suiwer stem al by van die land se grootste musiekfeeste opgetree, televisieonderhoude gedoen en vertonings geopen vir groot name soos Jay, Fatman en Nicholis Louw.
Met die vrystelling van haar debuut-enkelsnit en musiekvideo, Krimineel, het Mia (Mariska Pretorius) van Kempton Park sommer diep in plaaslike musiekharte kom kruip.
ALSO READ: Plaaslike VLU-tak verander naam
Om die nuwe jaar te vier, is hierdie talentvolle sangeres, oorspronklik van Potchefstroom, terug in die kollig met ’n splinternuwe enkelsnit wat vir haar nog meer bewonderaars gaan inpalm.
Waterval, uit die pen van Emil Paul, kan beskryf word as ’n kontemporêre Afrikaanse snit wat aanklank sal vind by oud en jonk.
“Die doel van die liedjie is om mense te inspireer en is geskep om vir elke luisteraar ’n unieke boodskap te gee,” het Mia verduidelik.
“Ek was van die begin af verlief op die snit omdat dit met my praat en dis presies wat ek wil hê dit met die gehoor ook moet doen. Buiten daarvoor dat dit paartjies moontlik gaan motiveer om met mekaar te dans, gaan dit ook verskillende emosies ontlok by elkeen wat daarna luister.”
Mia werk al sedert 2008 in die musiekbedryf en het veral naam gemaak met haar deelname aan The Voice SA.
Oor die jare, het dié spontane kunstenaar met haar suiwer stem al by van die land se grootste musiekfeeste opgetree, televisieonderhoude gedoen en vertonings geopen vir groot name soos Jay, Fatman en Nicholis Louw.
Mia is ’n onderwyseres by Laerskool Kempton Park.
“Ek geniet onderwys baie – al wat ek wil bereik is om net een kind se lewe te verander, of as hulle net een goeie wenk kan onthou wat ek in die klas gee, dan sal ek gelukkig wees,” het sy gesê.
Sy het ook onlangs verloof geraak aan Sean Peens. Hulle beoog om in September 2022 te trou.
Om die regte musiek, met waardevolle boodskappe en lewenslesse te kies, was nog altyd vir haar baie belangrik, en met Waterval het sy nie net ’n besonderse liedjie deel gemaak van haar arsenaal nie, maar ook lewe gegee aan ’n treffer wat nog lank oor die radio gehoor sal word.




Also follow us on:




