Dié vroue kan blomme rangskik
By die kompetisie getiteld Krulle en Draaie, het Kempton Park lede geskitter in die gevorderd en beginners afdelings.
Vroue Landbou-Unie Kempton Park lede het baie goed gevaar in die blommerangskikking kompetisie by die 27ste konferensie van die VLU Goudrifstreek.
ALSO READ: Enjoying the flowers at Melville Koppies
By die kompetisie getiteld Krulle en Draaie, het Kempton Park lede geskitter in die gevorderde en beginnersafdelings.
Elize Badenhorst het eerste plek behaal in die afdeling vir gevorderde blommerangskikkers. Lulu Pieterse het ‘n tweede plek ingepalm. .
Marié Clarke het ook ‘n eerste plek trofee ontvang in die beginnersafdeling gevolg deur Emmie van Zyl in tweede plek.
Die VLU lede vergader elke derde Donderdag van die maand om 09:00 by Kempton Kruin NG Kerk.
Skakel die voorsitter Emmie van Zyl by 082 302 8936 of die skakelbeampte Marina Bessinger by 082 873 1129.

Also follow us on:




