Dankbaarheidsbasaar word gehou
Die tema is Hoe Rooier Hoe Mooier en soos vorige jare sal daar vele tuisgebak wees.
Na meer as twee jaar is dit weer moontlik vir NG Gemeente Kempton Park Noord om basaar te hou.
Dit sal op 7 Mei om 09:00 plaasvind by die kerkterrein in Highveldweg 99.
Die tema is Hoe Rooier Hoe Mooier en soos vorige jare sal daar vele tuisgebak wees.
Die spyskaart strek verder na jaffels, kerrie en rys, hamburgers, boereworsrolle en pannekoek. Daar sal selfs vleispasteie wees.
Daar sal ook ’n kamer vol snuisterye binne die saal wees waar jy winskopies tussen die artikels sal kry.
Maak ’n draai by die tuisgemaakte wors en vleistafel, waar vars lamsnitte beskikbaar sal wees.
Die Breisusters sal van hule handewerk verkoop.
Die fondse word gebruik vir uitreikwerk aan behoeftiges.
