News

VLU Jasmyn skenk skoolserpe aan Tutele

Die vroue van Jasmyn het fluks gebrei en gehekel.

VLU Jasmyn het seker gemaak dat die kinders by Tutele hierdie winter die nodige het om hulle warm te hou.
Verlede jaar het VLU Jasmyn Tutele gekontak in verband met die behoeftes van die kinders. Charnel Oberholzer, maatskaplike werkster, het Jasmyn-tak meegedeel daar is ‘n groot behoefte aan skoolserpe.
Aangesien dit toe reeds die einde van die winter was, het die tak die brei-en hekelprojek uitgestel tot 2022.
Die begin van die nuwe jaar was die breipenne en hekelnaalde uitgehaal en fluks is met die serpe begin.
Twee maatskaplike werkers, Charnel en Lizzy Motlhala van Tutele was teenwoordig met die onlangse oorhandiging van 38 gebreide en gehekelde serpe.
Jasmyn VLU vergader elke tweede Donderdag van die maand.
Skakel Ronel du Plessis, voorsitter van die tak, by 083 264 3486 vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button