News

Dit is 64 jare van liefde tussen Fritz en Annatjie

Hul loof en prys die Heer vir al Sy genade en seëninge wat hul ontvang het deur al die jare.

Fritz en Annatjie Oliver het op 3 Januarie hul 64ste huweliksherdenking gevier.

LEES ASOOK: Modderfontein couple celebrates 70th anniversary

Hul het vier kinders gehad, twee seuns en twee dogters. Beide seuns is oorlede. Hul het ook 11 kleinkinders en ses agterkleinkinders.

Fritz en Annatjie Oliver op hul troudag.

Die paar is sedert April 1962 inwoners van Kempton Park en het in September 1972 een van die eerste huise in Aston Manor gekoop, waar hul nogsteeds woon.

Hul beskryf hul huwelik as gelukkige jare saam en hul resep is respekteer mekaar, doen dinge saam, lees die Bybel en bid saam.

LEES ASOOK: Couple celebrate 60 years of marriage

Hul loof en prys die Heer vir al Sy genade en seëninge wat hul ontvang het deur al die jare.

Also follow us on:

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button