Local news

Kom geniet plakboekwerswinkels

Die werkswinkel kos R50 per jaar, waarvan 'n gedeelte aan 'n biblioteek geskenk sal word. Teen 'n ekstra fooi kan jy ook heerlike verversings geniet.

Tydens die Februarie scrapbooking werkswinkel het deelnemers hul 2023 versameling uitgestal en die Appelyard ma-en-dogter span het vir die tweede jaar agtereenvolgend met die eerste en tweede prys weggestap.

Die werkswinkel vind plaas elke maand op elke tweede Saterdag. Die volgende is op 16 Maart in die ouditorium van die Birchleigh-Noord biblioteek.

Die werkswinkel kos R50 per jaar en ‘n klein bedrag ekstra vir verversings waarvan ‘n gedeelte aan die biblioteek geskenk word.

LEES ASOOK: Alta wen met uitsonderlike kwilt

Wat kan jy verwag? Gratis instruksies wat voor die tyd per e-pos vir jou gestuur word (daarom is bespreking noodsaaklik). Ook gratis bystand and hulp tydens klasse.

Wat moet ek saambring? Foto’s, gom, papier, skêr, alles soos wat in die e-pos aangedui sal word. Jy sal later hoor watter gereedskap jy mettertyd kan aankoop, vir eers sal die klub kan uithelp.

Registreer by Ellen by 072 594 9050 of eharmse@mweb.co.za

Join our WhatsApp news channel: https://whatsapp.com/channel/0029VaFCgQQ4NViqzTKFGb31

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button