Local news

Albummakers word uitgenooi

Hierdie maand doen hierdie groep kwilling (quilling) wat gebruik kan word om wonderlike rame vir foto’s, veral erfenisstukke, te maak.

As deelnemer by die Albummakers (Scrapbooking) van Die Vriende van die Kempton Parkse Biblioteke leer jy baie oor uitleg kleurskemas en fokuspunte.

Maar dis nie al nie. Daar word ook baie klem gelê om gereeld nuwe tegnieke te leer.

Hierdie maand doen hierdie groep kwilling (quilling) wat gebruik kan word om wonderlike rame vir foto’s, veral erfenisstukke, te maak.

LEES ASOOK: VLU Kempton Park behaal eerste plek

‘n Mens hoef dit nie net in ‘n album te plaas nie, maar kan dit ook agter glas raam en as portret teen die muur vertoon.

Daar is steeds plek vir beginners. Kom loer in. Werkswinkels vind plaas eenmaal per maand op ‘n Saterdag. Vir meer besonderhede kontak Ellen by 072 594 9050 of eharmse@mweb.co.za

Back to top button