Opinion

Ontevrede met chaos by poskantoor

Omdat dit 'n staatsdepartment is, maak hulle net wat hulle wi

HERMAN VAN STADEN skryf:

Ek dink daar is heelwat mense, wat myself insluit, wat glo dat dit pateties is by die poskantoor.

Daar is daagliks ‘n staking wat die plubliek nie eens van weet nie. Niemand kan jou help om jou pos uit die posbus te kry nie, want die hekke is gesluit. Geen kennisgewing om te sê wat aangaan nie. Dit is seker ‘n geheim en ons as die plubliek moet maar net tevrede wees en wag tot wanneer die poskantoor weer funksioneer.

Jy wag vir belangrike pos en kan dit nie ontvang nie. Ek moet nou elke maand in die ry gaan staan en wag om my munisipale rekening te kan ontvang, anders word my krag afgesny omdat die werkers by die poskantoor op ‘n staking is.

Dit is ‘n mors van my tyd en geld om in die ry te gaan staan. Ek weet daar was ‘n staking en die koerant het gesê die staking is verby en dit sal ‘n paar dae neem om die agterstallige werk in te haal.

Nou is dit maar weer so en ons moet tevrede wees met die toestand waarin die poskantoor hom bevind.

Wel, ek is nie tevrede met wat by die poskantoor aangaan nie. Die bestuur moet dit regruk en ‘n diens lewer. Kry mense wat wil werk en dank die af wat nie wil werk nie.

Omdat dit ‘n staatsdepartment is, maak hulle net wat hulle wil.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button