Opinion

Wie maak die beste boerewors in Kempton?

Laat van jou hoor in die kommentaarblokkie hieronder of op ons Facebook-blad

WORSLIEFHEBBER skryf:

Oor die afgelope maande het ek by meeste van die slaghuise in Kempton wors gekoop – dit sluit supermarkte in – maar dit lyk vir my die meeste van hulle skeep hierdie produk afgryslik af.

By die een het ‘n vrou wat daar werk selfs gesê dat sy ook nie hulle wors koop nie, want dit smaak na niks.

By ‘n ander kon ‘n mens ruik dat die gehalte van die vleis nie baie goed was nie.

Het die slagters nie meer ‘n trots in hierdie produk nie? Is hier nie ‘n geleentheid om ‘n kompetisie tussen slagters te hou om te kyk wie die beste wors maak nie?

Die beoordelaars moet die algemene publiek wees en nie net slegs koskenners nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button