Editor's choiceLettersOpinion

Goeie diens in Arwyp se Saal 5B

Ek wil Jan Alleman verseker dat my ervaring 'n baie positiewe een was

YVONNE BOOYSE skryf:

Ek was banger vir my histerektomie as die duiwel vir ‘n slypsteen!

Nie soveel vir die prosedure nie as vir die feit dat dit in Arwyp gedoen moes word. Groot was my verbasing toe ek uiters professionele diens ervaar het vanaf die besprekingsproses tot met ontslag.

Al die personeel, van die mees gekwalifiseerde tot die heel basiese diensleweraars, was vriendelik, bedagsaam, behulpsaam en simpatiek. Die mediese span was bekwaam en bevoeg om elke diens wat ek ontvang het, te lewer.

Ek wil Jan Alleman verseker dat my ervaring veral op vloer 5B ‘n baie positiewe een was. My hartlike dank veral aan dr Henry Burchell en sy span.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button