LettersOpinion

Hoekom ek DA gaan stem

Haar erf het soos 'n moeras begin lyk

ALET DU PLESSIS van Kemptonpark-Wes skryf:

‘n Ruk gelede het die park in Kempton-Wes stadig begin nat word. Die holtes het naderhand in ‘n moeras verander.

Die oorsaak: lekkende waterpype. Omdat dit afdraende na my huis toe is, het my mure begin nat word. Ek is Ekurhuleni toe met my klagte.

Nadat ek by feitlik almal gekla het, is ek na die parkeraad gestuur. Hulle was baie behulpsaam, maar kon my ook nie help nie.

Intussen het my erf in ‘n moeras verander terwyl my mure al hoe natter geword het. Uit desperaatheid is ek DA toe.

Raadslid Tracey Butler het na-ure na my huis gekom. Sy is na Ekurhuleni met my probleem en het die plek op horings geneem, maar als verniet.

Twee weke later het Tracey ‘n span werkers met pype en pikke uitgestuuur om die moeras te dreineer. Ses maande later was die park droog.

Baie dankie Tracey.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button