
JOHAN VILJOEN skryf via Kempton Express Facebook:
Mense kan maklik kla, ek ook, maar ek wil darem vir Ekurhuleni dankie sĂȘ vir die verbetering van die pad tussen Esselenpark en die R21-snelweg.
Ek ry elke dag tussen Kempton en Pretoria en moes dikwels die frustrasie ervaar om soms tot 30 minute te wag tussen die R21 en Esselenpark in spitstyd.
Met die nuwe omleiding vloei die verkeer baie beter en mens vorder vinnig, selfs in spitstyd. Goeie werk en doen so voort.
Volgende kan wees die P91 dubbelbane in beide rigtings, om nie van Elginweg se brug te vergeet nie.
“One thing at a time” is seker die wagwoord. Baie dankie, goeie werk.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
