LettersOpinion

Nog een ontevrede oor Con Amore se mark

'Ek glo daar is vele van die ou Con Amore-stalletjiehouers wat afgekeur is'

NOG ‘n Ontevrede Con Amore-marker skryf:

Na aanleiding van ds Etienne Fourie se brief oor Con Amore Skool se “kersmark” wil ek ook my ontevredenheid deel.

As ‘n lojale ondersteuner en kunsstalletjie-marker van die skool wil ek net sê daar is soveel mense wat soos ek voel.

Nadat ons weer verlede jaar vir keuring van ons produkte moes gaan en nadat al vyf persone van die keuringskomitee gesê het my werk is pragtig, kom die nuwe organiseerders en sonder dat hulle my werk gesien het, word ek afgekeur.

So, ek glo daar is vele van die ou Con Amore-stalletjiehouers wat afgekeur is sodat hul hulle gereelde stalletjiehouers kan insit en ons uitskuif.

Ek voel net as Con Amore dan nie meer die mark self wou organiseer nie, kon hulle ten minste net gesê het hul gereelde stalletjiehouers kry voorkeur vir Con Amore se mark.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button