JAPIE FRITZ skryf:
Graag wil ek namens die inwoners van Fig- en Asterstrate in Kemptonpark, Uitbreiding Vier, die Ekurhuleni Metro se elektrisiteitsafdeling bedank vir hul spoedige optrede nadat ’n kragpaal omstreeks 5nm op 13 Julie uitgebrand het.
Smart Security was binne minute op die toneel. Personeel van die stadsraad het ook na die skade kom kyk.
Groot was my verbasing toe ek om 8.30vm Sondag kerk toe vertrek en sien hulle is reeds aan die werk.
Teen 11.20vm was die krag aan.
Dankie dat julle ten spyte van die koue jul weg oopgesien het om ons gou te help.
Met sulke mense kan ’n stad vooruitgaan.
Also follow us on:
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!





