
HOëRSKOOL Kemptonpark se B atletiekspan het die afgelope week aan die interhoër vir B-spanne deelgeneem en tweede naas Waterkloof gekom.
Kempies spog met 23 goue medaljes, 24 silwer en 30 brons.
Rheino van Schalkwyk is aangewys as die beste veldatleet en Werner Marx was die senior Victor Ludorum.
Yshokkie: Cheryldene Kruger was lid van die SA hokkiespan wat ‘n bronsmedalje in Hong Kong verwerf het.
Luggeweerskiet: Die eerste ESSU kompetisie (proewe) het die naweek plaasgevind. Die volgende Kempies het medaljes gewen:
Sporter O/16 3P: Philip Haussamer goud, Adriaan Barnard brons.
Sporter O/16 10m: Philip Haussamer goud, Simone Mzyk silwer.
Presisie O/16 3P: Jovan Botha goud.
Presisie O/16 10m: Jovan Botha goud.
Presisie O/14 3P: Barend Botha goud.
Presisie O/14 10m: Barend Botha goud.
Presisie O/21 3P: Michael van der Watt goud.
Presisie O/21 10m: Michael van der Watt silwer.
