School sportSport

Jeugie is die vinnigste atleet in SA

Hy het ook goud in die aflos behaal

HOËRSKOOL Jeugland se Darren de Bruin is vir die tweede jaar Suid-Afrika se vinnigste 100m atleet en nou ook die SA rekordhouer.

Die 2015 Suid-Afrikaanse byeenkoms is vanjaar in Rustenburg gehou en Darren het gemaklik na die finaal vir S0/19 deurgedring.

Darren het die finaal in ‘n nuwe Suid Afrikaanse rekordtyd van 10.34 sekondes afgenael wat hom die vinnigste Suid-Afrikaanse skole-atleet in die geskiedenis maak. Darren het ook by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe aan die 4x100m aflos vir Gauteng deelgeneem waar hy en sy spanmaats goud ontvang het.

Hy het in 2014 net buite die Suid-Afrikaanse rekord van 10.44 sekondes gehardloop en die goud ontvang met ‘n tyd 10.47 sekondes.

Hy word deur Jaco van der Merwe afgerig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button