School sportSport

Kempies se eerste rugbyspan speel Saterdag in finaal

Kempies het reeds drie medaljewenners in die Tuks-reeks opgelewer

KEMPIES het Saterdag vir een van die grootste verrassings op die skolerugbyveld gesorg toe hulle HTS Middelburg met 30-12 gewen het.

Nie alleen het dit hul posisie in die Tuks Skole-reeks verstewig nie, maar dit het ook gesorg dat hul posisie op die SA-skole ranglys ‘n mooi hupstoot kry. HTS was voor die naweek in die vyde posisie op die ranglys.

Kempies het deurgaans ‘n baie hoë tempo gehandhaaf en dit het die swaarder pak van Middelburg geneutraliseer. Losskakel Francois Erasmus was onverbeterlik in sy beheer van die spel. Hy behoort ‘n sterk aanspraakmaker vir ‘n Cravenweek-posisie wees.

Kempies speel Saterdag in die finaal van die Tuks-reeks teen Hoërskool Eldoraigne.

Die naweek se ander uitslae was:

O/14A wen Eldoraigne 15-5, O/15A wen Dr EG Jansen 15-8, O/15B wen HTS Middelburg 12-8, O/16A verloor teen Rustenburg 16-33, O/16B wen HTS Middelburg 17-5.

Die Tuks-reeks vir superskole is feitlik afgehandel. Kempies het hulself baie goed gehandhaaf in die reeks te midde van baie sterk kompetisie. Kempies het reeds drie medaljewenners opgelewer, naamlik landloop (goud), 0/17A netbal (silwer) en muurbal (brons).

Landloop individuele uitslae: Marizaan McCabe (2de junior meisies), Claude Pretorius ( 3de junior seuns), Simonay Weitsz (1ste senior meisies) en Warren Moloto (2de senior seuns).

Netbal: Netbal het as sport algeheel agtste geëindig en die spanne se posisies was: eerste span 7de, O/17A 2de, O/16A 11de, O/15A 5de, O/14A 10de.

Skaak: Skaak het as sport algeheel 9de geëindig.

Gholf: Gholf A-span het 12de en die B-span 10de geëindig.

Tennis: Tennis het algeheel 13de geëindig.

Seunhokkie: O/14A verloor teen Vereeniging 0-0. Na die uitskiet was die telling 4-4, waarna Kempies die “sudden death” met 0-1 verloor het.

O/16A verloor teen Eldoraigne 1-3, eerste span verloor teen Centurion 2-3.

Meisiehokkie: O/14A verloor teen Monnas 0-2, O/15A verloor teen Klerksdorp in ‘n “shootout” 2-3, O/16A wen teen Centurion 2-0, eerste span wen teen Centurion in ‘n “shootout” 3-0.

ATKV individuele redenaars: 10 van 14 Kempies het na die halfeindrondte op 22 Mei deurgedring. Hulle is Chané van Niekerk, Deanda van Zyl, Delport Botha, Demi-Lise Shandos, Francois Marais, Francois Erasmus, Kyla Meyer, Linné du Preez, Rudeker Matthee en Zander Terblanche.

Luggeweerskiet: SANSSU proewe 2:

Sporter: Ruan Botha (2 silwer), Markus Mzyk (2 brons), Simone Mzyk (2 goud), Philip Haussamer (2 silwer).

Presisie: Barend Botha (4 goud), Chantelle Botha (1 silwer), Michael van der Watt (1 goud, 1 silwer), Jovan Botha (1 silwer).

Muurbal: Cheré Lindeque (0/14) het provinsiale kleure gekry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button