Local sportSport

Krieketproewe vir Avion se juniors

Daar is vanjaar vier senior spanne ingeksryf

AVION Krieketklub vra alle belangstellendes (juniors en seniors) om kontak te maak met die klub aangaande die komende seisoen.

Na die vorige seisoen se goeie resultate wil die klub graag daarop voortbou en soveel as moontlik geleenthede skep vir spelers om te speel en te ontwikkel.

Proewe vir die juniors sal soos volg plaasvind: O/12: Vrydag en Saterdag 21 en 22 Augustus en O/8 en O/10 op Vrydag en Saterdag 28 en 29 Augustus.

Registrasie is Vrydag vanaf 2.30nm vir al die groepe en al die spanne se proewe word by Laerskool Kruinsig se krieketnette gehou. Saterdag tye en velde sal Vrydag deurgegee word.

Die O/14 spanne se proewe sal later plaasvind.

By die seniors is daar vanjaar vier spanne ingeskryf: Promosie, President en Colts (O/17) op Sondagmiddae en een Saterdag ligaspan.

Vir meer besonderhede, skakel Sunette Swart (sekretaresse) by 082-852-2346 of Jurian Pienaar by 071-495-4132.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button