Jong Hunter droom groot
Dié jong speler het gekwalifiseer om vanjaar in Pinehurst, North Carolina in die VSA, aan die junior Olimpiese Spele deel te neem
IS hy die volgende Ernie Els? Nee beslis nie. Hy is die volgende Hunter Walker.
Aan die woord is Hunter Walker, tans ‘n graad 4 leerling aan Curro Serengeti, wat nie net op die gholfbaan uitblink nie, maar ook sy merk maak in karate.
Hunter geniet volle lidmaatskap by Serengeti Gholfklub en is lid van die Big 5 Gholfakademie by Suzette Venter onder die vaandel van Doug Wood.
Also read:
• Young Curro golfer takes second place at junior open
• Second place for young golfer
Hy het dit reggekry om op negejarige ouderdom reeds sy provinsiale kleure te verwerf en verteenwoordig Ekurhuleni se O/13 span. Hy is tans ‘n enkelsyfer en speel op ‘n voorgee van 9.
Dié jong speler het gekwalifiseer om vanjaar in Pinehurst, North Carolina in die VSA, aan die junior Olimpiese Spele deel te neem. Hy werk elke dag baie hard om sy doel te bereik om
‘n beroepspeler te word. Hy het SA Kids Golf reeds in Skotland en Maleisië in twee wêreldkampioenskappe verteenwoordig.
Verder speel Hunter golf oor die hele land en wen gereeld van die kompetisies in sy ouderdomsgroep.
Een van sy jongste prestasies was om Curro Serengeti in die finale by die Ernie Els Golf Foundation by Fish River Sun te verteenwoordig. Hy was deel van ‘n span van vier in die laerskoolafdeling wat sewende tussen 18 spanne gekom het.
As in aanmerking geneem word dat meeste gholfers 13 jaar oud is, gaan Curro Serengeti die volgende drie jaar nog sterk staan in die kompetisie.
En as Hunter nie op die gholfbaan is nie, sal jy hom heel moontlik by Rising Sun Karate Dojo raakloop waar hy onder die ervare Sensei Herculis van Vuuren (5de dan) oefen.
Hunter is aan dié sport blootgestel toe hy net vyf jaar oud was. Vir die laaste twee jaar oefen hy ernstig. Sy motivering is voorbereiding vir die loopbaan wat hy graag eendag as ‘n beroepgholfspeler wil volg.
Die sport gee selfvertroue, balans, dissipline, beweeglikheid en hoofsaaklik vinnige hande wat goed by gholf inskakel.
Aan die einde van 2014 is hy as karateka van die jaar aangewys en het ‘n silwer- en goue medalje by die SA kampioenskappe gewen.
Vanjaar het hy die kata- en kumite-afdelings by die SA kampioenskappe in Mei in die Kaap gewen. ‘n Maand later het hy weer twee goue medaljes in dié afdelings by die alle style-kampioenskappe in Pretoria verower.
Dié kranige karateka is ook gekies om in sy ouderdomsgroep en beltdivisie (oranje tot rooi belt) aan die wêreldkampioenskappe in 2016 deel te neem. Dit vind plaas van 15 tot 19 Junie 2016 in Dublin, Ierland. Ongeveer 62 lande en 1 600 kartekas neem deel.
Hunter is deel van ‘n span van sewe waarvan hy die jongste is om Suid-Afrika te gaan verteenwoordig.
Die gekose span oefen tans ongeveer 11 ure ‘n week as voorbereiding. Hulle het ook sessies met ‘n sportsielkundige en gespesialiseerde fiksheidsklasse op Maandae.
Hunter het tydens ‘n onlangse mini-wêreldkampioenskappe by Fish River Sun goud in kumite en brons in kata gewen.
‘n Hunter Walker-sporttrust is gestig om te help met die onkostes van sy reise en toerusting. Borge van enige aard is welkom om die las op sy ouers ligter te maak.
En tussen dit alles presteer die jong seun ook akademies. Hy het sy eretoekenning gekry vir ‘n akademiese gemiddeld van 80% en beter.
Hunter se leuse is: Sometimes I win, sometimes I learn.
