Avion se promosiespan is steeds op die wenpad
Die junior klub se wedstryde het ook die naweek afgeskop

AVIONPARK Krieketklub se promosiespan het die naweek weer amok gemaak toe hulle met Duduza afgereken het.
Duduza is vir net 122 uitgeknikker nadat Brandon Harwood 5/24 laat val het. Marcelle Coetzee (2/22) en Jason van Buuren (2/31) het hom goed bygestaan. Van Buuren het daarna ook goed met die kolf bygedra en 52 lopies geslaan. Sean Aldridge het 42 gemaak.
Die Colts en die voorsitterspan was egter nie so gelukkig nie.
Die Colts het Sondag moedig teen United se A span geveg en was goed op dreef om hul totaal van 255/10 te kry. ‘n Paar vinnige paaltjies het alles egter omvergegooi.
Avion kon toe net 150/10 aanteken. Avion se beste spelers was Devon Pienaar (46), Brandon Robbeson (3/26) en Arno Robbeson (2/34).
Die voorsitterspan het teen Benoni vasgeval. Avion kon net 112/10 aanteken met Benoni wat die lopies gekry het met ses manne terug pawiljoen toe.
Die junior klub se wedstryde het ook die naweek afgeskop.
O/8A wen Actonville in die tiende beurt met nege paaltjies. Actonville kolf eerste en kry 90/10. Speler van die wedstryd was Keagen Pretorius (16* en 3/6). Ander topkolwers was Shaun Nash (25), Marnus Otto (20*) en Jacques Hutton (15*). Die beste boulers was Zuan( 1/13) en Juan (1/1).
0/8B verloor met 5 paaltjies in die 22ste beurt teen Bakerton. Avion teken 117/5 aan. Dylan Scheepers was die beste kolwer met 25 lopies.
O/10 superliga wen SOB met 16 lopies. Avion kry152/7 en beperk SOB tot 136/10. Die beste kolwers was Janco du Preez (31), Ryan Smith (22) en JP Pienaar (16*). Die beste boulers was Werner Joubert (3/14) en Handre van Eck (2/18 en 15 met die kolf).
O/10A maak 154/3 en Benoni 155/3. Avion verloor met sewe paaltjies. Wiehann Smith het 61* gemoker.
O/12 superliga wen Benoni Northens met 19 lopies. Avion 128/9 en Benoni 109/4.
Die beste spelers was Christiaan Conradie( 43), Marco Kruger (22*), Armand Swart (2/12), Gerhard Cremer (1/17) en Justin van der Westhuizen (1/21).
O/12A klop Boksburg met 10 paaltjies in die sewende beurt.
Boksburg kon net ‘n skamele 20 kry voor almal uitgeboul is. Die uitblinkers was Ruan Janse van Rensburg (4/3), Dewald Joubert (3/5) en Zander Human (2/6).
Brendon Schmidt (15) en Daniel van Zyl (3*) was die enigste Avion-kolwers.
O/14 superliga val vas teen Benoni Northerns. Keigan Martins 54 en Marius Swart (2/34) was die beste spelers.
O/14A wen Geluksdal met 135 lopies. Avion teken 178 aan en boul Geluksdal uit vir net 43.
Luan Brits vat 2/1 in twee beurte en kry 27 lopies met die kolf. Adrian Agenbag kry 1/0 in twee beurte.
Die O/8C, O/10B en O/12B spanne het almal die naweek afgehad.
