Avion klop SOB met 202 lopies
Courtney Bam blink uit in die voorsitterspan se wedstryd

AVION Park Krieketklub se promosiespan het Springs Old Boys die naweek met 202 lopies geklop.
Avion het ‘n allemintige 320 almal uit in 48.1 beurte gemoker waarna SOB vir 102 uitgeboul is.
Aan die voorpunt van die kolwers was Francois van der Walt (79) en Wilhelm Bester (46). Leo Jacobs het 2/15 gevat en Bester 4/12.
Die voorsitterspan het 200/10 teen Bakerton gekry met Heinrich van Heusden 43 en Lloyd Siebert 32. Courtney Bam het ‘n skitterende beurt gehad met 74 lopies vanaf slegs 37 balle.
Bakerton is in net meer as 15 beurte vir 38 uitgeboul. Bam met 5/4 in 3.3 beurte was die beste bouler. Jaco Robert het 3/11 in 4 beurte gekry. Bam is as speler van die wedstryd aangewys.
Juniors
O/8A wen teen Benoni Northerns. Avion 147/2. Benoni 62/10. Speler van die wedstryd was Shaun Nash (78* van 45 balle en 4/5).
Marnus Otto 13 en 1/5, Leo 10* en Juan 2/6.
O/10A wen Boksburg met 7 paaltjies. Boksburg 150/4. Avion 151/3. Deon 76*.
O/12 superliga wen Duduza met 107 lopies. Avion 173/8 en Duduza 63 almal uit.
Zander Cronje 26, Christiaan Conradie 24, Rikus Wessels 21, Jay-Dee Oliver 4/10, Christiaan Conradie 3/16 en Johan Cronje 1/8.
O/8B wen United 2 met 15 lopies. Edrich de Klerk 10, Jaimi Coertse 20*, Ewhan O’Connel 1/7, Jaimi Coertse 1/7, Donovan Stahnke 1/4.
O/8C het Vrydagaand met 11 lopies teen Benoni Northerns O/8B verloor. Juan Coetzee was speler van die wedstryd met 11*.
O/12A het teen Bakerton die punte gekry nadat Bakerton te laat opgedaag het by die Kwa Thema-feesdag.
