Local sportSport

Lewendige blad laat kolwers bontstaan

Avion se voorsitterspan het die naweek hul bure Kempton geklop

AVIONPARK Krieketklub se voorsitterspan het die naweek hul bure Kempton met 58

lopies die loef afgesteek.

Die baie lewendige blad het van die begin af niks goeds vir die kolwers voorspel nie en Avion moes met ‘n skrale 85/10 tevrede wees.

Die topkolwers

was Courtney Bam (22), Derrick Gevers (18*) en Heinrich van Heusden (14).

Dinge het vir Kemptonpark se kolwers ook lelik skeefgeloop toe hulle vir net 27 lopies terug in die pawiljoen was. Avion se beste boulers was Rudi Lotz (5/5 in

5.1), Bam (3/6 in 2) en Gevers (2/16 in 4).

Avion

se Colts het Kempton met 2 paaltjies gekop op ‘n blad wat die Proteas sou laat

sidder. Kempton is in 31 beurte vir 167 uitgeboul. Avion het 168/8 in 34

beurte geslaan.

Zander Smith (32*), Kyle Benadie (38) en Pierre Benadie (42*) was die

topkolwers. Smith met 3/23 in 5, Devon Pienaar met 2/26 in 8 en Francois

Marais met 2/13 in 3 was die topboulers.

Avion se promosiespan het met twee paaltjies teen United verloor.

Juniors

O/8A wen Vosloorus met 86 lopies. Avion 221/8. Vosloorus 135/10. Avion-speler van die dag: Tarquin (43* en 1/9). Topkolwers Shaun 84 en Keagan 22* en 1/4. SW Basson het 1/6 gekry.

O8/B wen Avion se O8/C span met 96 lopies. Speler van die wedstryd was Donovan Stahnke (3/3). Beste kolwers Edrich De Klerk (19), Anru Nel (18) en JP du Plessis (18*).

O/10 superliga wen ‘n onoorwonne Boksburg met 3 paaltjies. Boksburg 112/8. Avion 113/7.

Werner Joubert met 3/20 en 46* was die beste speler. Hy was goed ondersteun deur Franco Trollip met 29 (18) en Regard Nel 1/6 in 3 beurte. Ryan Smith, Handre van Eck en JP Pienaar neem ook elkeen ‘n paaltjie.

Die vorige week het hulle United met 3 paaltjies geklop. United 91/4, Avion 93/7. Beste kolwers was Ivahn van der Merwe (31) en Ryan Smith (14). Beste boulers was weer Werner (1/14) en Regard (1/11).

O/10A wen Kempton 1 met 4 paaltjies. Avion boul Kempton uit vir 80 en kry toe 81/6. Beste kolwer Waldo (21). Nege boulers vat elkeen ‘n paaltjie.

O/12 superliga wen Boksburg met 62 lopies. Avion 173/4 en Boksburg 111/8. Beste kolwers was Christiaan Conradie (55), Johan Cronje (35) en Rikus Wessels (25). Beste boulers was Marco Kruger met 3/12, Jeandre Byleveld met 2/15 en Brendan Schmidt met 2/3.

O/12B verloor teen Tsakane met 6 paaltjies. Avion maak 90/10 en Tsakane antwoord met 91/4. Beste kolwers was Daniel en Dewald wat elkeen 23 lopies gemaak het.

O/14 superliga wen Daveyton met 20 lopies. Marius van den Berg (58) en Bjorn Schaffner (34) was die beste kolwers. Divan Swart (2/20) en Kevin van Zyl (2/14) in 4 beurte elk was die beste boulers.

O/14A verloor teen Kempton 1 met 5 paaltjies. Hulle kan net hulself blameer, want daar was ses vangkanse verbrou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button