Local sportSport

Avion se spanne bo-aan punteleer

Die juniors het gemengde welslae behaal

AVIONPARK Krieketklub se senior spanne het almal hul wedstryde die naweek gewen en die promosie- en voorsitterspanne lê nou bo-aan die punteleer.

Die promosiespan het Bakerton aangepak wat maar ‘n skamele 71 almal uit gekry het. Avion het met 74/4 geantwoord.

Die beste boulers was Brandon Harwood met 6/19 in 9 beurte, Wilhelm met 2/11 en Marcelle Jacobs 2/26. Die topkolwers was Marcelle (25*) en Wilhelm (21*).

Die voorsitterspan het die onoorwonne Nigel op hulle tuisveld aangevat. Nigel het eerste gekolf en 141/10 in 29 beurte geslaan.

Avion se topboulers was Lloyd Siebert (3/22 in 6), Jaco Roberts (2/13 in 5) en Rudi Lotz (2/22 in 6.1).

Avion het 145/3 in 24.5 beurte aangetekend met Heinrich van Heusden (57*) en Courtney Bam (42*) die beste kolwers. Die span lê nou gelyk bo-aan die punteleer.

Die Colts het CBC met 31 lopies geklop. Avion het eerste gekolf en 196/9 in 40 beurte aangeteken. CBC het met 165/9 geantwoord.

Francoise Stoman (80) en Christiaan Conradie (39) was die topkolwers. Devon Pienaar (3/36 in 8) en Dean Holtman (2/26 in 8) was die beste boulers.

Conradie het twee briljante vangskote op die grens benut om van CBC se topklowers ontslae te raak.

Die juniors het weer gemengde uitslae gehad:

O/8A speel wen Champions by Curro Serengeti met 70 lopies. Avion 110/10. Champions 40/7.

Die beste spelers was Jacques Hutton (17 en 0/2 in 2, speler van die wedstryd), Marnus Otto (14*), Keagen Labuschagne (13 en 2/4), Tarquin van den Berg (2/3), Ben Steyn (1/5), Gustav Schafner (1/7).

O/10 verloor teen Duduza met die laaste bal in die eerste feeswedstryd by Duduza. Avion kon net 57/2 kry en Duduza het met 59/1 geantwoord. Die res van die dag se uitslae was Avion wen United, speel gelykop teen SOB en verloor laaste kragmeting teen Boksburg, ook vanaf laaste bal.

O/10A wen Kempton 2 met 4 paaltjies. Kempton 116/6. Avion 117/6. Deon Mulligan 40 en Waldo Haasbroek 2/9 in 3.

O/10B wen Kwa Thema met 109 lopies. Avion 169/7. Kwa Thema 60. Donewan Scheepers 34.

O/12 superliga verloor teen Kempton met 56 lopies. Kempton 159/2. Avion 103/6. Zander Cronje 1/11 en 21.

O/12A wen met 128 lopies teen Kwa Thema. Avion 182/6. Stephan du Preez 64 (58), Zander Lindeque 18(14), Ruan Janse van Rensburg 17(10), Joshua Toms 16 (10). Kwa Thema 54. Arno Joubert 3/2 in 3, Wian Heydenrych 1/0 in 0.5, Ruan Janse van Rensburg 1/8 in 3 en Daniel van Zyl 1/12 in 2.

Avion o14 S was ook ongelukkig om sy wedstryd teen Kempton te verloor.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button