Local sportSport

Avion Hengelklub skop die jaar af

Nuwe lede is welkom om aan te sluit

AVION Hengelklub het die jaar se kompetisies op 2 Januarie afgeskop by Riviera waar 36 lede en vierbesoekers deelgeneem het.

Daar is altesaam 247 visse met ‘n totale gewig van 330.60kg gevang.

Die onderskeie wenners was:

Seniors: 1. Johan Terblanche jnr (14 visse, 34.41kg). 2. Steve Mynhardt (15 visse, 26.28kg). 3. Nico de Jonge (18 visse, 14.76kg).

Meesters: 1. Arrie van Wyk (11 visse, 23.45kg). 2. Phillip van der Westhuizen (7 visse, 11.33kg). 3. Percy Dickson (8 visse, 6.64kg).

Vroue: 1. Granny Marge Sim (15 visse, 9.99kg). 2. Madeleine Jonischkeit (9 visse, 6.74kg). 3. Carla de Jongh (6 visse, 5.65kg).

Juniors: 1. Nikita Hattingh (3 visse, 0.6kg).

Penkoppe: 1. Lukas Roberts (3 visse, 0.45kg).

Grootste karp (4.32kg) – Drikus Odendaal.

Grootste graskarp (4.10kg) – Derek Putter.

Grootste muddy (1.15kg) – Deon Nel.

Nuwe lede is welkom om die klub te besoek of aan te sluit. Vir meer inligting, skakel Rainer by 082- 886- 5500.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button